Kerry Lee资料,Kerry Lee最新歌曲,Kerry LeeMV视频,Kerry Lee音乐专辑,Kerry Lee好听的歌

Kerry Lee

Kerry Lee is op 15 November 1989 in Durban gebore. Vanaf drie-jarige ouderdom was haar talent en vokale vernuf al baie duidelik, en het sy gereeld konsert gehou het met haar pienk en geel mikrofoon wat ma, Nora, vir haar aangeskaf het! Sy het skoolgegaan by die Laerskole Witrivier en Nelspruit en het haar Hoërskool loopbaan aan die Hoërskool Zwartkop voltooi. Gedurende haar grootword jare het sy in talle Eistedfods deelgeneem en ook op spesiale uitnodigings in Mauritius en Engeland opgetree.   Haar ouers wou haar kostelike stemmetjie op CD verewig en op elfjarige ouderdom het die bekende Andy & Murray Lubbe vir haar ‘n eerste CD opgeneem.   In 2009 sing sy “Love & Mortar” se tema lied op DSTV 182 en daarna volg “Street Rods Africa” se tema lied in 2010. Haar debuut CD “Vou jou arms om my”, opgeneem deur Anton Botha, word ook gedurende 2010 vrygestel en daarmee maak sy haar buiging op talle radiostasies in Suid-Afrika.   Gedurende 2012 stel sy ‘n nuwe enkelsnit Met ringe en woorde bekend, en hierdie liedjie vaar ook ongelooflik goed op radiostasies landswyd.   Nou, gedurende 2013 het Kerry Lee kragte saamgesnoer met die baie bekende Hugo Ludik, stigterslid van die welbekende groep ADAM en ook Direkteur van Muse Productions, en reik twee nuwe enkelsnitte saam met haar laaste enkelsnit Met ringe en woorde uit. Die liedjies, Shut up en soen my en Kaalvoet Boerseun, is geskryf deur Hugo Ludik en Reynardt Hugo en vervaardig deur Jake Odendaal van Maven Productions. Dit het ‘n lekker vars en ritmiese country aanslag en pas haar stem soos ‘n handskoen!   Die musiekvideo van Shut up en soen my is ook tydens die opnames vervaardiger deur Fathom Media en sal eersdaags op nasionale televisie te sien wees.   Familie: Jongste van twee. Gunsteling tydverdryf: Lees graag liefdesverhale. Gunsteling TV programme: American Idol / Grey’s Anatomy / So you think you can dance Gunsteling Films: Notebook / Twilight Saga / How to loose a guy in 10 days Gunsteling sport: Rugby / Haar bloed is blou! Gunsteling kos: Italiaanse kos Gunsteling musiek: Moderne Country / Afrikaanse pop musiek Wat min mense weet: Groot bok vir sports / Lief vir die natuur en kamp graag Lewenslesse: Niks in die lewe kom verniet nie. Jy moet hard werk vir wat jy wil hê. Geniet elke oomblik van die lewe voluit! Facebook: https://www.facebook.com/kerryleemusic Twitter: @real_kerrylee Muse Productions: www.museproductions.co.za Fathom Media: www.fathom.co.za

最新歌曲

1

声明:本站不存储任何音频数据,站内歌曲来自搜索引擎,如有侵犯版权请及时联系我们,我们将在第一时间处理!